Butch praat

Dit was nie die eerste keer nie, en sekerlik ook nie die laaste nie, maar Butch het gepraat. En omdat hy soms mompel het ek maar gegaan met die speelvolle uitkak in sy toon. Ek lag toe, en sê ek weet.

Dit is op pad na die katte se kosbak dat ek toe agterkom ek het die hondekos in my hand, en toe dat ek Butch verstaan. Al wat hy wou sê is dat ek besig is om kak aan te jaag met die hondekos, en het heel waarskynlik iets by gemompel soos hy is weer gerook. Of iets.

Toe ek Butch vertel hoe opgewonde ek is dat ek hom verstaan, toe mompel hy regtig iets wat ek nie veronderstel was om te verstaan nie. Nie dat ‘n mens regtig honde kan verstaan nie, in elk geval nie so goed nie. Ek lag.

Ek dink hy het gemompel dat ek verniet so maak asof ek nie hoor wat hy sê nie.

Comments

Popular posts from this blog

Dual entanglement

What is... Resonance

Quantum proof of life, the universe, everything...